4 THE LOVE OF MATHS ELIZE DE LANGE

Beleid

Terugbetalings- en kansellasiebeleid

Hierdie beleid geld vir alle ekstra wiskundeklasse en -lesse wat deur Elize de Lange, handeldrywend as 4 The Love of Maths, aangebied word.

Laas bygewerk: 2026-10-20

1. Betaling

Groepklasse word maandeliks vooraf per e-pos gefaktureer. Die bedrag word bereken volgens die aantal klasse wat in daardie maand geskeduleer is. Betaling moet voor die begin van die maand ontvang word om die leerder se plek te bevestig.

Individuele (ad hoc) lesse word ná die les gefaktureer, gewoonlik op dieselfde dag, en is betaalbaar by ontvangs van die faktuur.

2. Lesse wat die leerder mis

'n Plek in 'n groep word vir die hele maand vir die leerder gereserveer. As 'n leerder om enige rede 'n vooruitbetaalde les mis, word geen terugbetaling of krediet vir daardie les gegee nie.

'n Individuele les wat met minstens 24 uur kennisgewing gekanselleer word, word nie gehef nie en kan na 'n ander tyd geskuif word. Kansellasies met korter kennisgewing word ten volle gehef.

3. Lesse wat ek kanselleer

As ek 'n les moet kanselleer, word 'n inhaalles aangebied, of die les word as krediet op die volgende faktuur verreken.

4. Skoolvakansies

Weeklikse groepklasse vind nie tydens skoolvakansies plaas nie. Omdat fooie volgens die aantal klasse in elke maand bereken word, word vakansieweke nie gehef nie.

5. Ophou met klasse

Laat weet my asseblief per WhatsApp of e-pos as die leerder wil ophou, verkieslik voordat die volgende maand se faktuur gestuur word. Die leerder kan die oorblywende lesse tot aan die einde van die reeds betaalde maand bywoon. Daardie maand se fooie word nie terugbetaal nie, en geen verdere fakture word gestuur nie.

6. Wanneer 'n terugbetaling verskuldig is

'n Terugbetaling word gedoen waar geld per fout betaal is, byvoorbeeld 'n dubbele betaling of oorbetaling, of waar 'n krediet nie meer gebruik kan word nie omdat klasse beëindig is.

Terugbetalings word binne 14 dae gedoen: kaartbetalings terug na die kaart wat gebruik is, en EFT-betalings na die rekening waarvandaan dit gekom het.

Vrae?

Kontak my gerus, dan los ons dit saam op.

WhatsApp my [email protected]